Gansbaai en omgewing

Herriedb

New member
Middag kan iemand dalk vir my raad gee re visvangplekke in Gansbaai en omgewing, ek gaan die naweek soontoe en wil ook weet wat byt nou die tyd van die jaar? dankie Herman
 

rbacht

Sealiner
Welkom by Sealine.

Ek sou aanraai jy gaan Die Gruis toe, dis net anderkant Franskraal. Galjoen, steenies en cobbies is wat jy daar kan verwag.

kyk ook gerus na die PDF, nie myne nie maar wel op sealine gekry.
 

Attachments

  • gansbaaihengelplekke.pdf
    885.5 KB · Views: 82

Stormer1965

New member
Probeer ook die parkeer area by Franskraal jy kan galjoen en Kabeljou daar uittrek asook by Haaiklip in franskraal,vanaf parkeerarea in FRanskraal na Kleinmond se kant is daar baie plekker te hengel vir galjoen soos bv Rooikransies
 

Herriedb

New member
Baie dankie Stormer waardeer dit. Ek neem as jy praat van parker area is dit publieke parkering - sorry nie seker van omgewing daar nie? Groete Herman
 

Stormer1965

New member
Ja dit is publieke parkering in Franskraal,jy sal sien daar staan altyd manne met stokke, as jy indraai by Franskraal hou aan met pad tot dit doodloop by see draai links en ry dan in parkeer area vas.Haaiklip is aan jou regterkant net nadat jy links gedraai het waar pad doodloop by see
 
Top