Broodjie

Brakkanjan

Senior Member
Hier is 'n Resep wat die Brakanjanners al dekades lank gebruik met goeie resultate deur die loop van die jare.

 

Jy gaan die volgende benodig

1)Klein Bruinbroodjie

2)Eier

3)Heuning

4)Vla Poeier

5)Koekmeel

 

Geen suiker word bygevoeg nie.
 

Attachments

  • 1.JPG
    1.JPG
    31.8 KB · Views: 1,771

Brakkanjan

Senior Member
Breek die sagte gedeelte in klein deeltjies in 'n mengbak, voeg 2 eetlepels vla-poeier by asook die eier en heuning
 

Attachments

  • 4.JPG
    4.JPG
    29.8 KB · Views: 1,762

Brakkanjan

Senior Member
Om te help met die binding van die spul, plaas koekmeel in en werk die broodjie goed deur.
 

Attachments

  • 7.JPG
    7.JPG
    28.4 KB · Views: 1,761

Brakkanjan

Senior Member
Rol in 'n balletjie en neem die korsie gedeelte (dop) wat uitgehol is :
 

Attachments

  • 8.JPG
    8.JPG
    28.7 KB · Views: 1,749

Brakkanjan

Senior Member
Plaas die balletjie binne in die buitenste uitgeholde gedeelte. Sit die korsie wat afgesny is bo-op terug.
 

Attachments

  • 10.JPG
    10.JPG
    26.7 KB · Views: 1,746

Brakkanjan

Senior Member
Knoop toe in 'n sakkie en plaas in die yskas vir die volgende dag se gebruik.

Hierdie is 'n asie wat baie goed werk in kombinasie met floats en selfs wurms. Dit kan op sy eie ook gebruik word.

Vandat ons SWD's begin gebruik het, is hierdie tipes asies vergete.

 

Probeer hom gerus, jy sal nie spyt wees nie!Maak maar gerus weer skoon waar jy gemors het en vroulief sal te bly wees!

;)

 
 

Attachments

  • 11.JPG
    11.JPG
    24 KB · Views: 1,748

Brakkanjan

Senior Member
Hey Naruto! Sterkte more by die Vaaldam, watter oord gaan julle hengel?

Jy kan natuurlik regtig Old School gaan en die vla vervang met Kerrie Poeier.

Het hierdie broodjie gemaak vir die rivier more.

:)
 

Brakkanjan

Senior Member
Ek het vandag met my pa gesels, as jy 'n goedkoper broodjie wil maak los die heuning uit en vervang met molasse.

 

Hou net ten alle tye in jou coolerbox dan sal die broodjie lank hou, aan die einde van ons sessie was die broodjie van so aard gewees dat dit aan jou hande plak en nie op die hoek nie omdat ek hom in die son vergeet het ;).
 

Brakkanjan

Senior Member
Hallo manne, ek hou daarvan om die broodjie te gebruik as 'n backing agter 'n wurm of float. Ons het dit al met sukses op sy eie ook gebruik.

 

Ek hengel 99% met die klein mustad 9555. Rol hom agter teen die steel af en hou die hele hoek oop voor of rol hom teen die steel af tot in die draai van die hoek sodat die punt oop is.

 

Ek hengel die naweek kompetisie, sal as ek een saamneem'n fody of 2 neem ;)

 

Hoop dit help.:::S
 

Brakkanjan

Senior Member
Ahoi uit die Vuildriehoek Naruto!

 

Nee ek het nie, ek het mos waterpokkies gehad, toe kon ek nie die vorige kompetisie vang nie.

 

Gelukkig het ek nie nou enige kindersiektes nie ;) Ek moet eers 'n komp vang. Klubgronde naby Steyns.

 

Stuur my bietjie inligting as jy onlangs daar was ;)
 
Top