Fly-aholic wrote:
Sparra,
Jy dink daardie is 'n Galjoen. Ek het die naweek my eerste Galjoen vir die seisoen gevang.
Eat your hart out baby::craz
Maak seker jy het jou bril op en kry jou vergroot glas gereed ou maat.
Net so uur nadat ek die 'massiewe' galjoen gevang het kom Rean(Stinkmossel) toe daar aangesluip. Ek vreet hom eers uit dat hy so laat daar aankom. Vlou verskoning dat hy glo moes werk die oggend.
Hy ry so 100m na my linkerkant en gooi toe in....niks nie. Hy loop toe nog so 20 meter links, gooi en vas, seker so 35-40cm galjoen :X
Dit wys jou net, geen plaasvervanger vir ondervinding nie. Maar ek sal hom nog kry, moenie worry nie, en 'n grote ook.