Waar in die suidkaap?

die spook

Senior Member
Hi daar

Waar in die suidkaap kan mens tuna en geelstert van die kant af vang op lepels?

Ek gee op op kobbies, leerie en elf.

Spook
 

Sharky@91!!!

New member
hi Daar

praat met xander de beer van Zoo Look Fishing google net ZLF en jy sal sy nommer kry.
hy kan jou uitvat en lekker hengel tyd gee .
 

Stefan001

Senior Member
die spook wrote:
Hi daar

Waar in die suidkaap kan mens tuna en geelstert van die kant af vang op lepels?

Ek gee op op kobbies, leerie en elf.
Winter tyd is maar stil vir Elwe en Leeries in die Suid Kaap. Kobbies byt lekker op kunsaas in die winter. Enige sand strand.
Leeries en elwe beste vanaf Januarie tot Mei.
Geelstert en Tuna van die kant af in die Suid Kaap is meer 'n fluke as iets anders deesdae. Klokslag kom daar jaarliks een geelstert uit in Struisbaai van die kant af. Diep water plekke soos Infanta, Jongensfontein, Gourikwa en Fransmanshoek asook Robbergpunt gee so af en toe 'n geelstert, en so een keer 'n leeftyd 'n tuna van die kant af.
Baie Sterkte Spook. Ons almal droom van daai visse op kunsaas. Net op die regte tyd op die regte plek wees. Kunsaas hengel is van die mees frustrerende maar ook rewarding fasette van visvang.
 

SPARRABOS

Sealiner
Odendaalspunt area blombos een van min plekke waar jy nog geelstert vang.... Het AL by tafel by jonges fontein gebeur... Ook skip se baai... As jy daar kan uitkom.... Een febr was water in plett besonder warm en is geelvin tuna deur Wayne Stanley van rotse gevang... Geelstert by robberg skaars geraak..... Ons hul by Eiland by voor straat gekry.... Hakerville Krans hoek by grooteiland se wereld is ook n plek waar jy hulle nog kry tussen elwe... tsitsikamma was grasnek enigste plek waar jy geelstert gereeld vang.. Maar Dis in park... En net plaaslike subsistence ouens mag daai wereld hengel... Geelstert vang is harde werk.... Hul byt net in sekere weer en wind... 2 Dae huilende oos wat see koud maak en op eerste dag wat sterk Wes opkom na oos vreet hulle.... Vir aas n groot float tjokka aas met Lang voelers.... Of n bloedbol Mackie fillets saam vars strepie.... Lepels maar die old school kunsaas... Sterk sterk maksima Lyn en diepsee strop.... Dis n sterke vis... Try jou afsny en baklei hom letterlik dood.... Help nie om met elfgerei hom te probeer vang... Gaan nie werk op die kranse.... N goeie gaff en hengelmaat wat kan gaff en sy storie Ken.... En goeie gumboots wat grip... Beste tyd bly febr mrt vir hulle... Selfs April tot in mei.
 

SPARRABOS

Sealiner
Ek stem saam met die raad wat Stefan jou gee.... jy kan dalk elke dag van jou lewe vis en nooit een vang... Dit gebeur maar een maal in n skrikkeljaar... Regte tyd... Regte plek... Regte toestande... Dit bly maar n droom vir almal... In my leef tyd net Paar keer gelukkig gewees om dit te ervaar... Maar Baie jare gewag voor ek een kon vang... Maar dit kan gebeur.... Sterkte.... Die soektog na n droomvis bly altyd n avontuur.....
 
Top